Koronavirussiekte (COVID-19) raad vir die publiek Veilige gebruik van alkoholgebaseerde handreinigers
Om jouself en ander teen COVID-19 te beskerm, maak jou hande gereeld en deeglik skoon. Gebruik alkoholgebaseerde handreiniger of was jou hande met seep en water. As jy 'n alkoholgebaseerde handreiniger gebruik, maak seker dat jy dit versigtig gebruik en stoor.
● Hou alkoholgebaseerde handreinigers buite kinders se bereik. Leer hulle hoe om die ontsmettingsmiddel aan te wend en die gebruik daarvan te monitor.
● Wend 'n muntgrootte hoeveelheid op jou hande aan. Dit is nie nodig om 'n groot hoeveelheid van die produk te gebruik nie.
● Vermy om aan jou oë, mond en neus te raak onmiddellik nadat jy ’n alkoholgebaseerde handreiniger gebruik het, aangesien dit irritasie kan veroorsaak.
● Handreinigers wat aanbeveel word om teen COVID-19 te beskerm, is alkoholgebaseerd en kan dus vlambaar wees. Moet nie gebruik voordat vuur hanteer of gekook word nie.
● Drink of laat kinders onder geen omstandighede 'n alkoholgebaseerde handreiniger insluk nie. Dit kan giftig wees.
● Onthou dat om jou hande met seep en water te was ook doeltreffend teen COVID-19 is.